
=====================================================================
Afrikaans-Ekspo groei steeds (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Afrikaans-Ekspo groei steeds

---------------------------------------------------------------------

Vanjaar is die Afrikaans-Ekspo vir horskoolleerders die derde agtereenvolgende jaar aangebied. Dit het binne drie jaar in omvang 
verdubbel.

Die hoogtepunt is vanjaar op 5 Augustus by die Universiteit van Pretoria bereik: die nasionale prysuitdelingsgeleentheid, die uitstalling 
van landwye inskrywings en die aanbieding van slypskole vir belangstellende leerders en onderwysers.

Die eerste fase, die plaaslike ekspo's, het reeds van Januarie tot Maart landwyd plaasgevind. Bykans 10 000 inskrywings in nege 
verskillende kategorie is daarvoor ontvang. Daarna was daar provinsiale ekspo's, met beoordeling tydens die skoolvakansie in Junie.

Uiteindelik het sowat 1050 inskrywings, afkomstig uit sestig horskole in al nege provinsies, tot die Nasionale Ekspo deurgedring.

Behalwe die medaljes en sertifikate wat aan die presteerders oorhandig is, is in drie kategorie pryse toegeken: beoordelaarspryse of 
spesiale aanprysings aan elf leerders; pryse vir nasionale kategoriewenners (23 pryse wat deur die Rapport Hulpfonds geborg is); en 
prestasiebeurse vir buitengewone prestasie in die kategorie Entrepreneurskap (vyf pryse wat deur die Stigting vir Afrikaans geborg is).

Die wenners van die prestasiebeurse was:

* Eric van Staden (Horskool Waterkloof) in die kategorie Junior Entrepreneurskap ('n rekenaarmuisblad met Afrikaanse slagspreuke).
* Retha du Preez (Horskool Reitz) in die kategorie Senior Entrepreneurskap ('n drukwerkbedryf).
* Daniella Smit (Horskool Marais Viljoen) in die kategorie Senior Entrepreneurskap (bordspele gebaseer op Kringe in die Bos).
* Lukas Mokoena en Zacharia Molekoa (Horskool Meetsetshehla) in die kategorie Senior Entrepreneurskap (kassie met resepte van tradisionele 
kosse uit Afrika).


Reeds in 1999 is die behoefte gedentifiseer aan slypskole vir die leerders wat vir die Ekspo inskryf en vir hul onderwysers. Tydens die 
nasionale Ekspo in Augustus 2000 het die beoordelaars werkwinkels in die verskillende kategorie aangebied. Dit is baie goed bygewoon. 
Omdat die Nasionale Ekspo se uitstalling en prysuitdeling in Pretoria plaasgevind het, het sommige leerders van ander provinsies dit soms 
moeilik gevind om voluit betrokke te raak. Vir 2001 se Ekspo is begin met 'n desentralisasieproses: die betrokke tersire inrigtings word 
gevra om landwyd werkwinkels aan te bied. Dit het ten doel om nie net die leerders nie, maar ook die onderwysers 'n geleentheid te gee om 
"vaardigheidsverbetering" te ondergaan. Vir elke werkwinkel sal 'n bywoningsertifikaat toegeken word.

Van 2001 sal daar twee nuwe inskrywingskategorie wees: een vir niemoedertaalsprekers (tweede- en derdetaalsprekers van Afrikaans) en 'n 
kategorie Buitelands, waaraan buitelandse leerders met 'n belangstelling in Afrikaans, of Afrikaanssprekende leerders wat hulle in die 
buiteland bevind, ook kan deelneem. Hiermee wil die Ekspo 'n brer gemeenskap van Afrikaansbelangstellendes betrek, asook buitelandse taal- 
en kultuurbetrekkinge bevorder. In oorleg met vennote, in byvoorbeeld Vlaandere en Nederland, sal besluit word presies hoe die inskakeling 
van buitelandse inskrywings by die kompetisie sal plaasvind. 'n Buitelandse wenner of wenners sal ook in staat gestel word om die nasionale 
prysuitdeling in Augustus in Suid-Afrika by te woon.

Al in Januarie 1998 is 'n vennootskap tussen drie hoofvennote ten opsigte van die bestuur van die Afrikaans-Ekspo vir Leerders gevestig. 
Die hooffunksie van die Stigting vir Afrikaans as hoofvennoot is beplanning en ondersteuning op alle terreine. Die Stigting behartig ook 
die deurlopende sekretariaatdiens van die Ekspo. 'n Verdere vennoot, die Voortrekkerbeweging as 'n landwye jeugorganisasie, stel sy 
kommunikasie- en infrastruktuur van vrywillige werkers beskikbaar, terwyl Suid-Afrikaanse horskole praktiese uitvoering gee aan die 
Afrikaans-Ekspo.

Aan die einde van 1999 het verskeie ander organisasies en kultuurverenigings as vennote aangesluit: die ATKV, die FAK, die Dameskring (DK), 
Dames Aktueel (DA), die SAOU en die Tsoga Development Trust. Spesiale moeite word gedoen om deelname vir leerders uit die inklusiewe 
Afrikaanssprekende gemeenskap moontlik te maak.

Die ad hoc-vennote is die Onderwyskollege in Pretoria (SACTE) en die landwye Suid-Afrikaanse Onderwysersforums. Ook universiteite is 
vennote, soos die Universiteit van Pretoria, die Universiteit van die Noordweste, die Potchefstroomse Universiteit vir CHO, die 
Universiteit van die Noorde, die Universiteit van Natal (Durban), die Universiteit van die Vrystaat en die Universiteit van Wes-Kaapland.

Die Uitvoerende Bedryfskomitee van die Afrikaans-Ekspo bestaan uit genomineerde persone uit die korps van vennote. Enkele trusteelede van 
die Stigting is intensief en deurlopend by die Ekspo betrokke.

Die Stigting spreek sy hartlike dank uit aan die ryke verskeidenheid vennote, medewerkers en deelnemers wat help verseker dat die Afrikaans-
Ekspo vir leerders so 'n reusesukses is. Karel Prinsloo, spookskrywer namens die Sekretariaat van die Afrikaans-Ekspo.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av745.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

